Deur die Woord alleen
Slegs Christus
Slegs geloof
Slegs die Genade
Alleen die eer van God

Besoeker # 120356

Dinsdag, 7 Februarie 2012
Foto van kerk

Welkom by die webwerf van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort

Die funksie en doel van hierdie webwerf is drie ledig :

Eerstens om inligting oor die gemeente en gemeente aktiwiteite beskikbaar te stel.

Tweedens om as hulp-, nuus- en inligtingsbron vir gemeentelede en ander belangstellendes te dien.

Laastens om deur middel van die internet, opnames van Woordbediening beskikbaar te stel aan die hele wêreld.


U sal merk dat hierdie webblad 'n groot gedaanteverwisseling ondergaan het.

Loer gerus by die "Nuut op die werf" opsie, om meer te lees oor die veranderinge en nuwe dinge.

Laat weet asseblief die web administrateur by webadmin@gkwonderboompoort.org indien u enige voorstelle of kommentaar oor die webblad, sy uitleg, grafika, artikels of taalgebruik het. Opbouende kritiek word opreg waardeer.

Dagboek

Sondag,5 Feb 08:55 – Samesang. Psalm 81:12 (gr 1 en 2 katkisasiepsalm).

09:00 – Oggenddiens. Orrelis: Marthie du Plooij.

10:15 – Toeligting oor die afgelope Sinode van die GKSA.

16:30 – Koningskinders katkisasie.

17:55Samesang. Ps.47:1 (gr 3 en 4 katkisasiepsalm)

18:00 – Aanddiens. Orrelis: Marthie du Plooij.

Maandag, 6 Feb 17:30 – Katkisasie (les 2) vir gr 7-9 in die konsistorie.

18:15 – Katkisasie (les 2) vir gr 10 en 11 in die konsistorie.

19:30 – Bybelstudie in die konsistorie, Daniël 9: 1-19.

Dinsdag, 7 Feb 18:00 – Bejaardesorgkommissie vergader in die konsistorie.

Woensdag, 8 Feb 08:15 – Sustersbybelstudie in die kerksaal. Onderwerp: Job 27.

09:30 – Bybelstudie te Hermon. Senior lidmate wat nie in Hermon woon nie, asook ander belangstellendes is welkom om by die studie van die Psalms in te skakel. Psalm 76 word behandel.

15:00 – Katkisasie (les 2) vir gr 1 tot 6 leerlinge.

19:00 – Finansiële kommissie vergader in die konsistorie.

Saterdag, 11 Feb 14:30 – Diakonie Kontakdag te Pioniersmuseum.