GK Wonderboompoort
2022-05-08 Aanddiens : Ek glo aan die kerk - Ds Pieter le Roux
Elkeen is verplig om sy gawes tot voordeel van die ander lede aan te wend
Sondag 21 behandel ons belydenis Ons glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges. Die kerk is nie die plek waarheen ons gaan nie, dis wie ons is. Dit is ons identiteit. In die kerk van die HERE het elkeen gawes, omdat ons deel aan Christus en Sy gawes het. Hierdie gawes mag ons egter nie vir onsself hou nie: ons is verplig om dit aan te wend tot nut van die ander lede.
Sing:
Ps. 84: 1, 2, 5
Ps. 119: 29
Sb. 38: 1, 2, 3
Ps. 122: 1, 2
Lees: 1 Kor. 12:12-31
Belydenis: HK Sondag 21
Liturg: Ds Pieter le Roux