top of page

Leer die Psalms

Die GK Wonderboompoort is baie lief vir die Psalms! 
In ons gemeente leer ons elke week 2 Psalms aan. 

​

1. Ons gemeentepsalm (elke week): 


Ons gemeente werk deur die Psalms van Ps 1 tot 150.  Lidmate oefen elke week vers 1 van die betrokke Psalm by die huis tydens huisgodsdiens.  Die Psalm word dan die Sondag voor die eredienste tydens voorafsang saam geoefen. 

​

2. Ons katkisasiepsalm (elke tweede week): 

 

Ons leer ook 'n katkisasiepsalm aan wat oor ongeveer 2 weke strek.  Hier sing ons nie noodwendig vers 1 van die Psalm nie, maar die vers soos aangedui op ons gemeente se katkisasierooster (sien elders op die webtuiste). Ons oefen hierdie Psalm ook dan die betrokke Sondag voor die erediens, waar die gemeente se kinders spesifiek geleentheid kry om dit vir die gemeente te sing. 

bottom of page