top of page

Katkisasie

By Wonderboompoort het ons katkisasie van voorskool tot graad 11.

Ons voorskoolse klassie is baie informeel en geskied net na die oggenddiens op Sondae. Ons doel is om die kinders in die roetine van katkisasie te kry, dat die maatjies mekaar leer ken en om die Psalms saam te leer ken en deur die Bybel te werk.

​

Ons graad 1 tot graad 9 klasse het  Sondag na die oggenddiens katkisasie. Hulle behandel Bybelgeskiedenis met behulp van Laat My Lammers Wei asook die Kategismus vir graad 7 tot 9.

Graad 10 en 11 het op 'n Dinsdagmiddag om 15:00 klas by die kerkgebou waar ons voorbereing doen vir Belydenisaflegging.

Ons oefen elke 2 weke 'n nuwe Psalm (gedurende die 2 weke word die Psalm by die huis en in die kerk geoefen). Ons het ook 'n teksvers wat ons elke 2 weke aanleer.

​

Ons het ook geskeduleerde Saterdae in die jaar waar ons volwasse katkisasie doen met die oog op belydenisaflegging en opname van nuwe, volwasse lidmate.

Katkisasie

 Katkisasie Lesinhoud

bottom of page