GKWP
Daniël 10 - Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie

Geliefde gemeente in ons HERE Jesus Christus,
Dis die derde jaar van koning Kores die Pers.
In die eerste jaar van Kores die Pers, is die dekreet uitgevaardig waarvan ons lees in Esra 1, wat die Israeliete toestemming gee om terug te keer uit ballingskap, terug te gaan na Jerusalem om die stad en tempel te herbou.
’n Groep het gegaan onder die leierskap van Serubbabel en veilig in Kanaän (Palestina) aangekom. Daniël, ’n man in sy tagtigs, het nie saamgegaan nie. Hy het nog werk in Persië.
Daarby is Daniël te oud om so ’n lang reis te onderneem en so self in harde bouwerk te kan help.
Daniël het vir drie volle weke getreur. Hy het hom weerhou van aangename voedsel en delikatesse. Hy het ophou vleis eet. Wyn het hy nie gedrink nie.
Hoekom treur Daniël?
Die vraag is, hoekom?
Hier staan nie in Daniël nie. Maar uit die res van die Skrif ken ons die omstandighede.
Daniël het klompie jare gelede gebid vir die terugkeer uit ballingskap.
God het verhoor en Kores het die dekreet uitgevaardig.
En tog was die terugkeer nie soos mens dit graag sou wou hê nie. Dit was maar ’n klein groepie wat teruggekeer het. Daniël het nooit in die 70 ophou verlang na Jerusalem, die plek van aanbidding nie. Maar, dit lyk of die res van sy volk nie die hartstog met hom gedeel het nie. ’n Relatiewe klein groep het belanggestel om die tempel terug te gaan, die tempel te herbou en die gereelde diens te herstel.
Daarby het hulle wel suksesvol die fondamente van die tempel gegooi. Maar, verder kon hulle nie, a.g.v. teenstand van die Samaritane.
Al hierdie dinge moes vir die brose en bejaarde Daniël diep ontstel het.
En dis waarom hy treur, en bid. En in sy genade gee God vir Daniël die hierdie gesig/visioen.
En al die vorige hoofstukke van Daniël het op sy eie gestaan – elke hoofstuk het ’n spesifieke geheel vertel. Maar Daniël 10 nie. Daniël 11-12 is die finale visioen van Daniël. En Daniël 10 vertel vir ons die omstandighede waarin die laaste visioen tot Daniël gekom het. Daniël 10 staan dus nie op sy eie nie, maar Daniël 10-12 vorm saam ’n eenheid.
Geestelike insig kom nie sommer net nie – Daniël se voorbeeld is navolgenswaardig
Sy vas en gebede het die gewenste uitwerking gehad, want en engel is gestuur om daardie verborgenhede aan hom te ontvou; en wie wil uitblink in goddelike kennis, moet Daniël navolg en hom aan studie, matigheid en toewyding gewoond maak.
Wat Daniël sien (v5-7)
’n Man met linne bekleed, heupe omgord met goud uit Ufas. Liggaam soos chrisoliet.
Aangesig geflikker van bliksem Sy oë soos fakkels van vuur sy arms en voete soos blinkgeskuurde koper.
Geluid van sy woorde soos die gedruis van ’n menigte.
Die ander (v8a)
Daniël was saam met ander. Hulle was wel bewus van die teenwoordigheid van die teenwoordigheid, maar hulle het nie die visioen gesien nie. Daar het ’n skrik op hulle geval, hulle het gevlug en wegkruip.
Daniël bly alleen agter. Hy alleen sien die visioen.
Hier is ooreenkoms met Paulus se belewenis op die pad na Damaskus. Toe die HERE Jesus met Paulus gespreek het, het almal die stem gehoor, maar net Paulus het die woorde gehoor/onderskei.
Dit is slegs geopenbaar aan die geestelik attente. Net ’n man met ’n geestelike aard, is in staat om in die geestelike wêreld in te kyk.
Daniël se reaksie (v8b-9)
En geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie. En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos, op my aangesig, met my aangesig op die op die aarde geval.
Die HERE werk met Daniël. Wie sal nie bewe nie!
God help hom op (v10-11)
Maar, as Daniël so plat op die grond lê, dan raak ’n hand hom aan, sodat hy waggelend opstaan. Die man praat met hom: Daniël, geliefde man... staan op.
As die HERE jou geliefde noem, dan staan hy op, dan kry hy krag.
Verhoring van gebed (v12)
V12 Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, een om jou woorde ontwil het ek gekom.
Sien, Daniël se geestelike toewyding. Hoe graag wil jy hê wat jy wil hê? Hoe graag wil jy God beter leer ken? Is dit vir jou belangriker as kos? Is die kos van die siel vir jou belangriker as die kos van die liggaam?
Daniël het sy hart daarop gerig om ag te gee (op God), Hy het hom voor God verootmoedig. En sy woorde is gehoor.
Weet jy – ek vind soms dat ons bid – sonder om regtig te wil hê wat jy vra. Wil jy regtig dit hê?
Die vors van die Perse het teenoor my gestaan
Ek is na jou gestuur, om jou gebed (om jou woorde ontwil het ek gekom).
Maar die vors van die koninkryk van die Perse het 21 dae lank teenoor My gestaan, en kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help, en EK het daar oorgebly by die konings van Persië.
Vors van Perse het teenoor my gestaan.
Wie is die vors van die Perse?
Dit is wat die nuwe testament noem ’n bose gees/demoon/duiwel.
Gevalle engele
Skepping van die engele. Stilgestaan by van die eienskappe van die engele
ü Dat God hulle in groot getalle geskep het.
ü Ons leer dat hulle nie uitgee in die huwelik nie
ü Dit blyk of daar verskillende klasse of groeperinge van engele is (gerubs, serafs, aartsengele)
ü nie gebonde is aan ’n beperkte ruimte nie
Doel waarvoor hulle geskep is
ü Wel, dieselfde geld vir die engele wat vir al die skepsele geld – om God te eer.
ü maar die wyse waarop hulle diensknegte van God is, is ten voordeel van die uitverkore mense:
o Heb. 1:14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
o Ps. 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
o 2 Kon. 6 (Elisa en sy dienskneg)
Hulle is nie sag en oulik nie
ü Ons lees in 2 Kon. 19 van een engel wat die ganse Assiriese weermag verslaan en doodmaak – 185 000 man.
Sondeval onder die engele
Maar nou leer ons dat net soos onder die mense daar uitverkorenes is, is daar ook onder die engele uitverkorenes.
In 1 Tim. 5:21[1] verwys Paulus na die uitverkore engele van God. Dit beteken nie alle engele is uitverkore nie.
En daarom lees ons in die Bybel van ’n sondeval wat onder die engele plaasgevind het. Daarvan lees ons in Judas v6
En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;
Ons lees hier van engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie. Die woord beginsel kan ook met heerskappy vertaal word. Dit beteken hulle het nie by hulle domein gebly nie. Hulle het gerebelleer teen God – hulle wou nie meer onder Sy heerskappy staan nie. Hulle wou nie meer aan Hom onderworpe wees nie.
Dis waarom Paulus ook in sy verwysing na die vereistes van ’n ouderling in 1 Tim. 3 sê:
1Ti 3:6 Hy moet nie ʼn nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
En leer ons in Judas vers 6 dat hierdie engele vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar word.
Dit beteken hierdie engele
ü het nie meer hulle vryheid nie.
ü Hulle mag nie meer gaan waar hulle wil nie.
ü Dit sluit in dat hulle nie meer toegang tot die hemel het nie.
ü Hulle word in die duisternis bewaar –
o dit beteken hulle het hulle lig, blydskap en genieting verloor.
o Hulle ontbeer alles wat waarlik kan vervul.
o Hulle het geen hoop op verandering nie en verkeer onder die bose sekerheid van ’n nog skrikwekkender toekoms.
Ja, want hulle is nou gebind – hulle kan nie vrylik rondbeweeg nie – net vir een rede – om nog groter oordeel te ontvang wanneer hulle met die wederkoms van Jesus Christus (in die woorde van Mattheus 25:41[2]) in die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele berei word, gewerp sal word.
Ons noem hierdie engele – waarvan die Satan die vernaamste is – die gevalle engele. In die Nuwe Testament word hulle genoem
- Die demone
- Bose/onreine geeste
- Duiwels.
In 2 Pet. 2:4 verwys Petrus ook na dieselfde sondeval as hy praat van – die engele wat gesondig het.
Een van hierdie engele – wie die Vors van die Perse is.
Teen wie die Man in Dan. 10 gestaan het.
Migael het hom te hulp gesnel
Dieselfde engel van God van wie ons lees in Openb. 12. Hy en sy engele het stryd gevoer teen die draak en sy engele. En Migael en sy engele het oorwin. Weet u waarin? In die bloed van die Lam.
Ek het gekom om jou inligting te gee (v14)
Oor wat met jou volk in die einde van dae te beurt sal val. Die gesig wat kom (hfst 11-12) sien nog op die verre toekoms. Die toekoms van die volk van God tot en met die voleinding van die wêreld.
Daniël se krag weer uit hom uit (v15)
Daniël praat met die Man (v16-17)
Vertel hom van swakheid.
(Lees dit as daar tyd is).
Die Man versterk hom (v18-19)
(lees vinnig as daar tyd is).
Man moet teruggaan om te veg (v20-21)
Ek moet weer teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as Ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.
Julle vors Migael het hom dapper gedra teen hulle.
Die man beskutting en versterking vir Migael.
Kosmiese stryd.