top of page
  • Writer's pictureGKWP

Daniël 10 - Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie


Geliefde gemeente in ons HERE Jesus Christus,


Dis die derde jaar van koning Kores die Pers.


In die eerste jaar van Kores die Pers, is die dekreet uitgevaardig waarvan ons lees in Esra 1, wat die Israeliete toestemming gee om terug te keer uit ballingskap, terug te gaan na Jerusalem om die stad en tempel te herbou.


’n Groep het gegaan onder die leierskap van Serubbabel en veilig in Kanaän (Palestina) aangekom. Daniël, ’n man in sy tagtigs, het nie saamgegaan nie. Hy het nog werk in Persië.

Daarby is Daniël te oud om so ’n lang reis te onderneem en so self in harde bouwerk te kan help.


Daniël het vir drie volle weke getreur. Hy het hom weerhou van aangename voedsel en delikatesse. Hy het ophou vleis eet. Wyn het hy nie gedrink nie.


Hoekom treur Daniël?


Die vraag is, hoekom?


Hier staan nie in Daniël nie. Maar uit die res van die Skrif ken ons die omstandighede.


Daniël het klompie jare gelede gebid vir die terugkeer uit ballingskap.


God het verhoor en Kores het die dekreet uitgevaardig.


En tog was die terugkeer nie soos mens dit graag sou wou hê nie. Dit was maar ’n klein groepie wat teruggekeer het. Daniël het nooit in die 70 ophou verlang na Jerusalem, die plek van aanbidding nie. Maar, dit lyk of die res van sy volk nie die hartstog met hom gedeel het nie. ’n Relatiewe klein groep het belanggestel om die tempel terug te gaan, die tempel te herbou en die gereelde diens te herstel.


Daarby het hulle wel suksesvol die fondamente van die tempel gegooi. Maar, verder kon hulle nie, a.g.v. teenstand van die Samaritane.


Al hierdie dinge moes vir die brose en bejaarde Daniël diep ontstel het.


En dis waarom hy treur, en bid. En in sy genade gee God vir Daniël die hierdie gesig/visioen.

En al die vorige hoofstukke van Daniël het op sy eie gestaan – elke hoofstuk het ’n spesifieke geheel vertel. Maar Daniël 10 nie. Daniël 11-12 is die finale visioen van Daniël. En Daniël 10 vertel vir ons die omstandighede waarin die laaste visioen tot Daniël gekom het. Daniël 10 staan dus nie op sy eie nie, maar Daniël 10-12 vorm saam ’n eenheid.


Geestelike insig kom nie sommer net nie – Daniël se voorbeeld is navolgenswaardig


Sy vas en gebede het die gewenste uitwerking gehad, want en engel is gestuur om daardie verborgenhede aan hom te ontvou; en wie wil uitblink in goddelike kennis, moet Daniël navolg en hom aan studie, matigheid en toewyding gewoond maak.


Wat Daniël sien (v5-7)


’n Man met linne bekleed, heupe omgord met goud uit Ufas. Liggaam soos chrisoliet.

Aangesig geflikker van bliksem Sy oë soos fakkels van vuur sy arms en voete soos blinkgeskuurde koper.

Geluid van sy woorde soos die gedruis van ’n menigte.


Die ander (v8a)


Daniël was saam met ander. Hulle was wel bewus van die teenwoordigheid van die teenwoordigheid, maar hulle het nie die visioen gesien nie. Daar het ’n skrik op hulle geval, hulle het gevlug en wegkruip.

Daniël bly alleen agter. Hy alleen sien die visioen.


Hier is ooreenkoms met Paulus se belewenis op die pad na Damaskus. Toe die HERE Jesus met Paulus gespreek het, het almal die stem gehoor, maar net Paulus het die woorde gehoor/onderskei.


Dit is slegs geopenbaar aan die geestelik attente. Net ’n man met ’n geestelike aard, is in staat om in die geestelike wêreld in te kyk.


Daniël se reaksie (v8b-9)


En geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie. En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos, op my aangesig, met my aangesig op die op die aarde geval.


Die HERE werk met Daniël. Wie sal nie bewe nie!


God help hom op (v10-11)


Maar, as Daniël so plat op die grond lê, dan raak ’n hand hom aan, sodat hy waggelend opstaan. Die man praat met hom: Daniël, geliefde man... staan op.


As die HERE jou geliefde noem, dan staan hy op, dan kry hy krag.


Verhoring van gebed (v12)


V12 Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, een om jou woorde ontwil het ek gekom.


Sien, Daniël se geestelike toewyding. Hoe graag wil jy hê wat jy wil hê? Hoe graag wil jy God beter leer ken? Is dit vir jou belangriker as kos? Is die kos van die siel vir jou belangriker as die kos van die liggaam?


Daniël het sy hart daarop gerig om ag te gee (op God), Hy het hom voor God verootmoedig. En sy woorde is gehoor.

Weet jy – ek vind soms dat ons bid – sonder om regtig te wil hê wat jy vra. Wil jy regtig dit hê?


Die vors van die Perse het teenoor my gestaan


Ek is na jou gestuur, om jou gebed (om jou woorde ontwil het ek gekom).

Maar die vors van die koninkryk van die Perse het 21 dae lank teenoor My gestaan, en kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help, en EK het daar oorgebly by die konings van Persië.


Vors van Perse het teenoor my gestaan.

Wie is die vors van die Perse?


Dit is wat die nuwe testament noem ’n bose gees/demoon/duiwel.


Gevalle engele


Skepping van die engele. Stilgestaan by van die eienskappe van die engele

ü Dat God hulle in groot getalle geskep het.

ü Ons leer dat hulle nie uitgee in die huwelik nie

ü Dit blyk of daar verskillende klasse of groeperinge van engele is (gerubs, serafs, aartsengele)

ü nie gebonde is aan ’n beperkte ruimte nie

Doel waarvoor hulle geskep is

ü Wel, dieselfde geld vir die engele wat vir al die skepsele geld – om God te eer.

ü maar die wyse waarop hulle diensknegte van God is, is ten voordeel van die uitverkore mense:

o Heb. 1:14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

o Ps. 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

o 2 Kon. 6 (Elisa en sy dienskneg)

Hulle is nie sag en oulik nie

ü Ons lees in 2 Kon. 19 van een engel wat die ganse Assiriese weermag verslaan en doodmaak – 185 000 man.


Sondeval onder die engele

Maar nou leer ons dat net soos onder die mense daar uitverkorenes is, is daar ook onder die engele uitverkorenes.

In 1 Tim. 5:21[1] verwys Paulus na die uitverkore engele van God. Dit beteken nie alle engele is uitverkore nie.

En daarom lees ons in die Bybel van ’n sondeval wat onder die engele plaasgevind het. Daarvan lees ons in Judas v6

En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;


Ons lees hier van engele wat hulle eie beginsel nie bewaar het nie. Die woord beginsel kan ook met heerskappy vertaal word. Dit beteken hulle het nie by hulle domein gebly nie. Hulle het gerebelleer teen God – hulle wou nie meer onder Sy heerskappy staan nie. Hulle wou nie meer aan Hom onderworpe wees nie.

Dis waarom Paulus ook in sy verwysing na die vereistes van ’n ouderling in 1 Tim. 3 sê:

1Ti 3:6 Hy moet nie ʼn nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.

En leer ons in Judas vers 6 dat hierdie engele vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar word.

Dit beteken hierdie engele

ü het nie meer hulle vryheid nie.

ü Hulle mag nie meer gaan waar hulle wil nie.

ü Dit sluit in dat hulle nie meer toegang tot die hemel het nie.

ü Hulle word in die duisternis bewaar –

o dit beteken hulle het hulle lig, blydskap en genieting verloor.

o Hulle ontbeer alles wat waarlik kan vervul.

o Hulle het geen hoop op verandering nie en verkeer onder die bose sekerheid van ’n nog skrikwekkender toekoms.

Ja, want hulle is nou gebind – hulle kan nie vrylik rondbeweeg nie – net vir een rede – om nog groter oordeel te ontvang wanneer hulle met die wederkoms van Jesus Christus (in die woorde van Mattheus 25:41[2]) in die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele berei word, gewerp sal word.


Ons noem hierdie engele – waarvan die Satan die vernaamste is – die gevalle engele. In die Nuwe Testament word hulle genoem

- Die demone

- Bose/onreine geeste

- Duiwels.

In 2 Pet. 2:4 verwys Petrus ook na dieselfde sondeval as hy praat van – die engele wat gesondig het.


Een van hierdie engele – wie die Vors van die Perse is.

Teen wie die Man in Dan. 10 gestaan het.


Migael het hom te hulp gesnel

Dieselfde engel van God van wie ons lees in Openb. 12. Hy en sy engele het stryd gevoer teen die draak en sy engele. En Migael en sy engele het oorwin. Weet u waarin? In die bloed van die Lam.


Ek het gekom om jou inligting te gee (v14)

Oor wat met jou volk in die einde van dae te beurt sal val. Die gesig wat kom (hfst 11-12) sien nog op die verre toekoms. Die toekoms van die volk van God tot en met die voleinding van die wêreld.


Daniël se krag weer uit hom uit (v15)


Daniël praat met die Man (v16-17)

Vertel hom van swakheid.

(Lees dit as daar tyd is).

Die Man versterk hom (v18-19)


(lees vinnig as daar tyd is).


Man moet teruggaan om te veg (v20-21)

Ek moet weer teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as Ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.

Julle vors Migael het hom dapper gedra teen hulle.

Die man beskutting en versterking vir Migael.

Kosmiese stryd.


Geestelike werklikheid agter wêreldpolitiek

Ons kan nie anders as om raak te sien nie, dat in die wêreldpolitiek ’n geestelike werklikheid agter dit het. Baie meer om te sê.

Maar jy lees in die nuus van die politiek van VSA. Groot name. Demokrate en republikeine. Jy lees van Putin en Xi jinping. Van oorlog in Ukraine.

En, daar is baie meer te sê hieroor. Maar, laat ons erken en raaksien. Dat daar geestelike dimensie aan hierdie dinge is. Ek sê nie verloor nugterheid nie. EK sê nie, moenie politieke kragte op sig beoordeel nie.

Maar, ek sê wel, moenie die geestelike aard daarvan ontken nie. Ondersoek die geeste of hulle uit God is.


Identiteit van die Man

Lees Openbaring 1.

Rev 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,

Rev 1:13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.

Rev 1:14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,

Rev 1:15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.

Rev 1:16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Rev 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

Rev 1:18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen.

Johannes se reaksie: soos dooie.

Ooreenstemming is ooglopend.

Daniël se reaksie baie erger as voriges.


Probleem: vers 13 teruggehou deur ’n gevalle engel.

Natuurlik: God regeer oor die duiwels. Hulle sidder. Dis geen gelyke stryd waar die een kant soms wen en die ander soms nie. Nee, God regeer. En elke oënskynlike oorwinning van die bose,

En tog in sy soewereiniteit is daar sprake van stryd – God gerbuik ook stryd.

Ps. 45 – Gord aan die wapens tot die stryd.

Gen. 32. Jakob worstel met God. Hier is dit met ’n man (mens)!

God beskik dit so dat die Seun van God stry met ’n man.

Op so ’n wyse dat Sy raad nie gestuit kan word nie, selfs al verrig die satan en sy magte groot leed aan die kerk.

Die Heer se raad word nooit gekeer nie, dit sal bestaan in ewigheid. Teen Sy besluit is geen verweer nie, bestendig duur dit vir altyd.

Maar, dis nie noodsaaklik vir verklaring van die stuk nie. Want, of dit nou Jesus Self is, of een van sy gesante (wat volkome sy wil uitvoer): Dit is nogsteeds God wat handel met Daniël, dis nogsteeds God wat praat met Daniël.

Saamvat: Drie lesse

  1. Ons eintlike stryd

Ef. 6:10 ev

Eindelik my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Die stryd in die politiek is primêr ’n geestelike stryd. Dit gaan om ons HERE Jesus!

V12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

2. Wapens in die stryd

Ons weet dat die stryd geestelik is, is ons wapens in die stryd ook geestelik. Jesus het vir Pilatus gesê:

Joh. 18:36 My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as My koninkryk van hierdie wêreld was, sou My dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is My koninkryk nie van hier nie.

2 Kor. 10 – Geestelike wapens.

2 Kor. 10:3-4 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, want die wapens in ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Wapenrusting

V13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

- Belt van waarheid

- Borsharnas van geregtigheid

- Helm van verlossing

- Skild van geloof

- Bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene

- Swaard van die Gees, dit is die Woord van God.

Beskerming van gesin teen fisiese geweld. NB.

Maar, aanslae is geestelik. Idees. Jy kan nie ’n gees skiet nie. Wapen jou kids met die Woord.

Radikale verandering in hoe ons kinders moet dissipels maak. Jy dink, broer en suster dat dit maar reg is as jou kind meer voor die TV is as besig met die Woord. Die aanslae teen jou kind kom nie direk op hulle liggaam nie. Maar oor ’n skerm. En as jy nie dit uithou nie, sal dit eindelik ook hulle liggaam tref.

Maak ons hulle geestelik weerbaar?

Memorisering van Bybelgedeeltes. Dis die swaard. Soos Jesus Matt. 4.


3. Krag van gebed

Ef. 6:v18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir die heiliges...

Seun wat mansiek was. Mark. 9. Dissipels kon nie uitdryf nie.

Toe by huis:

V28 Waarom kon ons hom nie uitdryf nie? v29 Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.

Jak. 5:16 Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.


Oorwinning

Jak. 4 Onderwerp julle aan God, weerstaan die duiwel en hy sal van jou wegvlug.

Luk. 10v19 Ek gee jou die mag om op slange en skerpioene te trap, oor al die mag van die vyand en niks sal jou ooit skade doen nie.

Belofte dat niks ons kan skei van die liefde van God nie:

Rom. 8:38-39 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus onse Here is nie.


Jesus – Geeste aan hom onderwerp

1Pe 3:22 (Jesus Christus) wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

Amen

[1]1Ti 5:21 Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie. [2] Mat 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

455 views0 comments
bottom of page