top of page
  • Writer's pictureGKWP

Daniel 3: Verlossing in die vuur

Geliefde gemeente in ons Here Jesus Christus,


Wanneer is ’n man standvastig? Wanneer kan ons sê iemand is ’n man van integriteit? Is dit nie wanneer hy by sy beginsels bly, ongeag die omstandighede nie?

Tog het almal een of ander vorm van beginsel. Almal het een of ander moraliteit of standaard wat hy/sy aanhang.

Dit is nie die moeilike deel nie. Dis nie moeilik om een of ander standaard te hê nie.

Die moeilike deel is om daarby te bly as die omstandighede om jou nie gunstig is vir jou standaard nie.

En dit is wat ons sien in die geskiedenis van hierdie drie jong gelowiges.


Nebukadneser se droom


In vorige hoofstuk het ons gelees van die droom van N. En die uitleg deur Daniël. Die beeld van verskillende metale. En Nebukadneser is die hoof van goud.

Daarvan het Nebukadneser gehou, natuurlik.

En onthou u die einde van hfst 2. Die koning wat neerval, offers bring.

Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse...!


Maar met verloop van tyd, het die idee dat hy net die kop is, vir hom minder aantreklik begin lyk.

Die droom is daar nogal ’n prominente posisie aan hom toegeken.

Maar, hy is nie tevrede met die gedagte dat sy koningskap tot ’n einde sal kom – dat Babel sal val.

Sy idee is eerder dat die hele beeld van goud is – dat sy koninkryk ewig is en nooit sal val nie.

En dan vervaardig hy so ’n beeld.

Die beeld was heel waarskynlik van homself.

Die koste verbonde aan die oprigting van die beeld moes uitspattig wees. Geheel en al van goud (geheel en al met goud beslaan). 30 meter hoog (ons kerkgebou is 15 meter hoog).

Dit word opgerig in die dal Dura, in die provinsie van Babel.

Dit moes sigbaar wees kilometers van daar af, veral as die beeld die son gereflekteer het.

Die wyding van die beeld


Toe die beeld voltooi is, is in lyn met Babiloniese gebruik, ’n wydingsfees gehou.

Belangrike amptenare van regoor die hele Babiloniese ryk is genooi en hulle name en range word hier vir ons in detail genoem.

Dit moes ’n geweldige wydingsfees gewees het. ’n Reuse skare mense sou dit bygewoon het.

Daar het ’n roeper uitgeroep (wat ’n stem moes die man nie gehad het nie!)

Vir die stilgemaakte skare kondig hy ’n koninklike dekreet af. Die dekreet geld vir almal teenwoordig.

Daar is ook ’n orkes teenwoordig. Reuse hoeveelheid instrumente. Groot orkes gereël vir die okkasie.

Die beeld is ter ere aan Nebukadneser opgerig. En, enigiemand wat nie die dekreet om die beeld te aanbid nie, sal gesien word dat jy nie lojaal is teenoor die koning nie.

Sulke wangedrag sal gestraf word met die dood – hy sal in ’n vurige oond gegooi word om dood te brand.


Vir die meeste mense in Babelse ryk sou dit nie ’n probleem wees nie. Selfs al was hulle teenwoordig uit die verslane nasies. Die gode van Babel moet ongetwyfeld sterker wees – hoekom anders sal hulle oorwin wees deur Babel?


Selfs die Jode teenwoordig sou waarskynlik nie ’n probleem hê nie. Hulle is immers self al vir geslagte besig met afgodery. Die getroue profete se waarskuwings is in die wind geslaan. Hulle sou geen probleemhê om te buig voor die beeld nie. Afgodery het nou al in hulle bloed gevloei. Hoekom sal hulle hulself nou blootstel aan die doodstraf deur te weier om iets te doen wat hulle al vir jare doen?


Daar is nie verwag dat iemand daarteen in opstand sal kom nie. Niemand is verleë of word seergemaak daardeur nie.

Daar is nie verwag dat iemand teen so ’n dekreet sou wees nie.


Behalwe die enkeles wat aan God getrou sou bly. Die oorblyfsel van die volk van God.

Dit wat die oorblyfsel kenmerk, is dat hulle niks te make wil hê met afgodery nie – met die oortreding van die eerste gebod.

Daarom wou hulle nie kos eet wat by die eet daarvan hulle goedkeuring sou verleen aan die feit dat afgode aanbid word nie.

Hulle het geweier om kos te eet wat aan afgode geoffer is. Hoeveel te minder sal hulle dan nog buig voor ’n afgod?


Enigiemand anders sal buig, maar nie hulle nie. Daar is ’n hoër Mag wat gehoorsaam moet word. Wat verkeerd is, is verkeerd en die koning moenie van hulle iets vra wat verkeerd is nie! Selfs al sal dit beteken dat hulle in ’n brandende oond gegooi word om te sterf. Wanneer al die ander buig, buig hulle nie! Bly hulle staan!


Kerkgeskiedenis


Vir 20 eeue sê totalitêre regimes vir burgers dat hulle moet konformeer met hulle goddelose eise of sterf.

Dit is waar ook van die huidige. In baie van die lande van die wêreld ly Christene vervolging.

Hulle krepeer in tronke, is beperk tot hande-arbeid in hulle samelewings, verduur die verskrikking dat jou kinders van jou weggeneem word. Skreeu onder foltering/marteling en vreeslike dood. Eerder as om toe te gee op die owerhede se eise wat van hulle sal neerkom op sonde!


Baie van ons lewe nie onder sulke regerings nie


Samuel Rutherford: Jy gaan nie verlof kry om stilletjies hemel toe te glip sonder konflik en kruis nie.


Ons word deur die res van die wêreld gedruk om mee te doen in die ongeregtigheid/sonde. Komaan, almal doen dit! Net hierdie een keer, man! Niemand sal weet nie!

Jong Christene: Word een keer dronk! Of verloor jou maagdelikheid voor die huwelik. Of kyk net hierdie een keer pornografie. Ervaar groepsdruk om te jok, te steel, vuil films te kyk. Dark web te serve.


Soveel sonde word verhef as waardes!

En die wêreld het ’n brandende vuuroond gereed vir die wat nie aan hulle eise voldoen nie.

As jy nie meedoen nie, word in jy in die brandende oond van uitsluiting, spot, en om as dom afgemaak te word, gegooi.

Vir baie staan voor die keuse: Of jy doen mee, of jy word in die brandende oond gegooi – en verloor alles!

Dit was die keuse waarvoor Sadrag, Mesag en Abednego gestel is!


Die aanklag


Nouja, met die wyding van die beeld, was SMA ook daar. Ons weet nie waar was Daniël nie. Lyk of hy nie teenwoordig by die wyding van die beeld nie.

Maar die drie manne buig nie voor die beeld en aanbid nie die beeld nie.


En die Chaldeërs kom kla hulle aan:

Daar is Joodse manne wat u oor die provinsie Babel aangestel het, SMA, hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gestuur nie, hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.


Die manne word voor die koning gebring.

Die koning is so gaaf om hulle ’n laaste kans te gun.

V15 As julle dan nou, sodra julle die geluid van die (musiek) hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid – goed; maar as julle dit nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne in die brandende vuuroond gegooi word, en Wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?


Toepassing


Die wêreld is angstig om Christene te oortuig om te konformeer.

Rom. 12:1-2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie...

En hulle kan dit nie verdra as Christene dit nie wil doen nie.

En dan, wil hulle eers oortuig voor hulle jou skade berokken.

Daar is iets ingebou in die wêreld wat wil hê dat Christene wêreldgelykvormig word.

Die wêreld word verwar en ontstel as die wêreld sien Christene wil nie buig voor die dinge waarvoor hulle buig nie. Dit het geen begrip vir die wat ’n ander stel waardes het nie.

Die wêreld is ontevrede as mense die lewende God aanbid en liefhet.

Dit sal eers oortuig en dan straf. Maar, wees verseker, as die wêreld die Christen nie kan oortuig nie, sal dit straf.


Om die waarheid te sê, die straf is deel van die argument in die poging tot oortuiging.

Dreigement. Moenie val vir dreigement.


Wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?


Die hoogmoed het sy hele wese in oorgeneem!

En, onthou wat die man gesê het na Daniël die droom uitgelê het:

2:47 Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse...

Hy het die lesse van die onlangse verlede vergeet!


Sadrag, Mesag & Abednego (SMA) se antwoord


V16 Ons ag dit nie nodig om aan U ’n antwoord te gee nie.

Dit is: Die aanklag is gemaak, en hulle is waar. Ons het geen verdediging om aan te bied nie, geen verskoning nie. Die feite soos dit is, is waar. Dis heeltemal waar dat ons nie neergekniel het en voor die beeld gebuig het nie.


V17 As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos. Maar so nie, laat dit dan aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.


Hierdie manne se antwoord aan die koning, is hulle doodsvonnis. En hulle weet dit.

Onthou u aan die begin van die preek?

Dis een ding om beginsels te hê. Dis iets anders om by beginsels te bly as dit nie gewild is nie. Wat nou nog as jy sekere dood in die gesig staar?

Hierdie manne is begenadig, om te bly staan. Dit is integriteit. En, dis vir ons ’n navolgenswaardige voorbeeld.


Die 19e eeuse Engelse prediker, Charles Spurgeon, het eenmaal gesê:

Jou plig is om die regte ding te doen. Die gevolge is van God. Dis jou en my taak om te gehoorsaam, watookal die gevolge mag wees. Want, o menere, wat het ons met die gevolge te doen?

Dis nogal bevrydend. Doen wat is reg, die gevolge word deur God bepaal.


Nooit tevore die koning kwaad gemaak nie


Daar is geen aanduiding dat die drie manne voorheen die koning ongehoorsaam was nie.

Maar, wanneer die keuse tussen die magtigste man op die aarde is en die ewige God, dan is daar net een ding wat hulle kan doen.

Die ergste wat die wêreld kan doen, is om ons dood te maak.

Dis ’n oorweldigende bevrydende antwoord, is dit nie?

Almal van ons gaan inelkgeval vroeër of later sterf en voor die aangesig van die lewende God.

Dis beslis beter om vroeër te sterf en Hom in vrede te ontmoet as om ’n bietjie langer aan hierdie lewe vas te hou en Hom in verskrikking te ontmoet?

Hebr. 10 vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God!

Ons weet dat die graf nie die einde is nie. Waarom moet ons dan ophou om God te behaag nes die dreigement van die dood gemaak word?


Ons moet leer om so te dink


Nie toelaat dat die kort termyn ontevredenheid van die wêreld ons beïnvloed in ons gedrag nie.

SMA het presies die teenoorgestelde gedoen. Watookal die gevolge: reg is reg en verkeerd is verkeerd.

Daarom is hulle van voorneme om te doen wat reg is, en die gevolge te laat by God.

Dit is die tipe gedrag wat die getuienis vir die evangelie lewendig hou.


Die uitkoms


Nouja, wat was die uitkoms vir die drie manne? Wat was die gevolge van hulle gehoorsaamheid?

Wel, die vuuroond.

Hier is, weereens, ’n duidelike weerlegging vir die voorspoedsteologie!

Health en wealth. As jy die Here dien, dan gaan dit net met jou goed gaan.

Toe nou nie.

In hierdie geval: Gehoorsaamheid neem jou in die vuur.

Hulle is uitgered in die vuur. Maar hulle moes deur die vuur.

N het so kwaad geword dat sy gelaatstrekke verander het. Die oond moet nou sommer 7 keer warmer gemaak word.

Wanneer godvresendes weier om toe te gee, dan is daar geen grense aan die woede van die wêreld nie.

Die wat bereid is om deur die vuur te gaan vir die Here, moet besef dat die vuur heelwat warmer kan wees was verwag!


Van die sterkste manne in sy weermag gooi die drie in die oond.

Die oond is so warm dat die sterkste manne in sy weermag sterf – net omdat hulle by die opening van die oond moes wees om die manne in te gooi.

Die oond was soos ’n groot pot. Aan die onderkant van die oond, aan die kant was ’n opening waardeur die vuur gestook is. Die bokant was oop. Die manne neem hulle daarheen. Dis waar hulle ingegooi word.

Diegene wat kyk deur die stook-opening sien hulle val na die bodem van die oond. Hulle word met hulle hofklere ingegooi. Hande vasgebind. Hopeloos. Die oond het reeds die manne aan die buitekant daarvan doodgemaak. Dit gaan verseker die binnekant die oond ook doodmaak!


Vier?


Maar nee, dis nie wat gebeur nie. N spring verskrik op en vra sy adviseurs:

V24 Het ons nie drie geboeid in die vuur gegooi nie?

Sekerlik, o Koning!

V25 ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder ’n letsel. En die voorkoms van die vierde lyk soos die van ’n godeseun!


Godeseun


Nebukadneser beskryf dit wat hy sien itv sy eie godsdienstige raamwerk.

Maar, wie is dit wat in die vuur saam met hulle is?

Die KJV He answered and said, Lo, I see four men loose, walking in the midst of the fire, and they have no hurt; and the form of the fourth is like the Son of God.


Met hoofletters.

Die Bybel is duidelik dat die Seun van God in mensegedaante op aarde verskyn het voor sy menswording. In hierdie verskynings word Hy dikwels genoem die Engel van die Here of die Engel.

Daarom is ons ook nie verbaas as Hy in vers 28 na verwys word as die ‘sy Engel’ nie.

Die HERE Jesus het met SMA in die vlamme van die oond gewandel.

Hierdie laat dink mens aan ’n profesie wat Jesaja kort voor die tyd van Daniël geuiter het:

Jes. 43: 2 As jy deur water gaan, is ek by jou; en deur riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.


AS hierdie manne toegegee het aan die koning se eise, sou hulle nie saam met Jesus gewandel het nie. Hulle gemeenskap met God sou verbreek wees.

Ons leer in die NT wat die lewe is in Jesus se hoëpriesterlike gebed:

Joh. 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, (en Jesus Christus wat U gestuur het).


Die lewe is om gemeenskap met God te hê. Dit is ons grootste hoop. Om Hom van aangesig tot aangesig te sien.

Terloops, dis waarom die erediens so belangrik is. Want dit is hier waar die lewende God ons ontmoet! Dis hier waar ons nou reeds die hemelse teenwoordigheid van God ervaar.

Nou, as mens mooi dink oor die drie manne. Hulle het die lewe bo die dood verkies, al het hulle die dood bo die lewe verkies.

Dit hang af wat jou definisie van lewe is.

Lewe is om gemeenskap met God te hê, is dit wat hulle gekies het.

Om asem te haal, is nie die lewe nie.


Jesus het eenmaal gesê:

Matt. 16:25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

Dit, geliefde gemeente, is presies wat hierdie drie manne gedoen het.

En hierdie gemeenskap met God het hulle nie belewe sonder die vuur nie. Maar juis in die vuur.


Jesus het deur die vuur gegaan


Jesus het eenmaal die hel beskryf as waar die vuur nie ophou brand nie.

Daardie vuur, is nie mensgemaakte vuur nie, maar die vuur van God se toorn oor die sonde.

Dis daardie vuur wat Jesus kom dra het aan die kruis. Die vuur wat werklik gevrees moet word, is God se vuur.

Mensgemaakte vuur, maak nie saak hoe verskrikking dit soms kan wees nie, kan nie die kinders van God uitroei nie.

Jesus het die vuur wat vernietig, gedra. En elkeen wat in Hom glo, sal nooit die vuur van God se toorn beleef nie.

Jesus het als vir ons gegee.

Nou kom daar in die lewe van gelowiges mensgemaakte vuur.

En die swaar daarvan is soms ontsettend.

Weet maar dat die vuur van belediging, isolasie en hoon jou sal tref as jy kies om gehoorsaam te wees. As jy kies om nie toe te gee nie.

En tog, daardie mensgemaakte vure, gerig om die kinders van God leed aan te doen, is soms juis die vure wat God gebruik om ons gemeenskap met Hom soeter te maak.

Amen



206 views0 comments
bottom of page