top of page
  • Writer's pictureGKWP

Idiome vasvra

Ek wil nou nie aandik nie, maar jy gaan vêr soek om soveel pret en plesier te ervaar as by ons Idiome-vasvra aand!!!


Ons susters reël elke jaar 'n heerlike funksie vir die hele gemeente!! En hierdie jaar gaan ons weereens alle verwagtinge oortref! Kom ons laat nou maar die aap 🙈 uit die mou: 18 September


gaan ons 'n lekker partytjie hou!!🥳



17:00 begin die poppe dans. Moet dit nie misloop nie. Hierdie is jou kans!!!


Vir 'n appel en 'n ei kan jy 'n heerlike gevulde pannekoek-aandete, 'n kuier en 'n vasvra kry. Net R50 per persoon of R150 per gesin.


Skryf gou in, die tyd is min. Laat weet ons voor 4 Junie of jy kom, as jy wil, anders is jou kanse om die vasvra-wenner te wees verspil. Jy word in 'n span ingedeel om die aand saam mee te speel.


Hier is die kinkel in die kabel ++> Trek aan soo


s 'n IDIOOM. Daar's pryse te wen!!🍾🍾


Alle grappies op 'n stokkie - ons reël ons funksie so COVID-veilig as wat ons kan! So, moenie bekommer nie. Jy kuier en eet net saa

m met jou eie span.

26 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page