top of page
  • Johan Labushagne

Bevestiging Ds Pieter le Roux

Sondag 31 Julie 2016 het die kerkraad en gemeente onder leiding van dr. Heinrich Zwemstra (Kon sulent van GK Pretoria-Annlin) vergader en is ds. P.G.P. (Pieter) le Roux as herder en leraar van hierdie gemeente verkies. Ná biddende afwagting van drie weke ontvang die gemeente die goeie nuus dat ds. Pieter die beroep opvolg. Die gesin Le Roux, bestaande uit ds. Pieter, sr. Karyna, jonge sr. Adri, jonge broeders Pieter en Willem wat enkele maande oud is, word Saterdag 29 Oktober 2016 hartlik ontvang en deur dr. Wikus Buys bevestig. Sy bedieningswerk neem op Sondag 30 Oktober ’n aanvang met die Woordbediening uit 1 Korinthiërs 15: 20-28 met die preekskets: Christus is Koning van my hele lewe.


Die kerkraad kan met groot dank teenoor ons Hemelse Vader getuig dat

ds. Pieter die bedieningswerk met groot, toegewyde ywer en verantwoordelik heid aangepak het en steeds uitvoer. Met nougesette toewyding word week liks Woordbediening gedoen; tydens eredienste, aan siekes in hospitale, by begrafnisse, tydens siekebesoeke, asook tydens pastorale besoeke. Verder is daar Woordbediening aan verbondskinders, verskeie Bybelstudies, wat Her mon-bejaarde-sentrum insluit, Kategismus en NGB-Bybelstudies.

Verskeie vergaderings word gereeld gehou, soos weeklikse kantoorvergaderings, kerkraads- en ver skillende kommissievergaderings wat gereeld plaasvind, asook klassis- en streeksinodevergaderings. Ds. Pieter is ook betrokke by die Bybelgenootskap, sending te Maubane, Hammanskraal-omgewing, Koningskinders, Huis Gracia se kinders en Aros en hy dien ook op die godsdienskomitee van Pretoria FM. Daarby moet hy, lesbes, na homself, sy familie en gesin omsien.

Alhoewel daar die laaste tien jaar of so, meer as voorheen demografiese verskuiwings in die stads gebied plaasgevind het en die gemeenteprofiel taamlik verander het, het ons belydende lidmate met ongeveer 100 verminder tot die huidige 239 belydende- en 75 dooplidmate.

Ons is baie dankbaar om te getuig dat die Here steeds voorsien en onderhou. Hy laat vaar nooit die werke van Sy hande nie! Intussen is die Le Roux-gesin geseën met twee bykomende verbondskinders nl. Jakobus, gebore 2017 en Louis, gebore 2019.

Met groot dank teenoor die Here kan ons op die bedieningstyd in die

gemeente terug, sowel as vorentoe kyk.

Help my, Heer, dat ek kan lewe,

Dan wil ek u woord bewaar.

Laat my oog aanskou die wonders

Wat u wet my openbaar.

Wat besit ek hier op aarde?

Niks is daar wat my behoort.

Maar één ding, daarna verlang ek –

Dis die rykdom van u woord. (Psalm 119: 7 berymd)

– Saamgestel deur Oudl. Johan Labuschagne

83 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page