top of page
  • Writer's pictureGKWP

Ons gemeente

In 1 Korintiërs 12:27-31 lees ons: Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. Het al mal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg.

So het die Gereformeerde Gemeente Wonderboompoort, as die liggaam van Jesus Christus, ook baie genadegawes ontvang. Ons het baie gou verskeie van die gemeente se liefdes leer ken. Wonderboom poort is lief vir:

  • die Woord: Hier het ons ’n opgewondenheid en entoesiasme oor die Woord van die HERE teëge kom. Die gemeente waardeer dit wanneer moeite met preke gedoen word. Opvallend is ook die besondere vlakke van Bybelkennis wat by groot getalle gemeentelede aanwesig is.

  • kuier: Ons sou ook gou agterkom dat die gemeente baie lief is vir kuier. Teedrink vind nie alleen na die oggenddienste plaas nie, maar ook sommer na aanddienste! Dis nie ’n vreemde gesig as daar twee ure na die aanvang van die diens steeds mense is wat op die terrein rondstaan en kuier nie! Ons het ook gou die rede agtergekom waarom gemeentelede so lief is vir kuier – en dit is omdat hulle lief is vir mekaar!

  • kinders: Wat ’n vreugde was dit nie toe ons al die kinders van die gemeente kon ontmoet nie! Ons sou ook vinnig leer dat die gemeente lief is vir kinders. Menige oom en tannie buk af om met kinders te gesels en grappies te maak. Verder is dit heerlik om te sien hoe kinders maats maak by die kerk en sodoende vriende in die geloof ontvang. Wonderboompoort sou nie alleen vir ons twee (Karyna en myself) ’n tuiste word nie, maar werklik ook vir ons kinders.

  • die Psalms: Ons is ook aangenaam verras met die gemeente se liefde vir die Psalms. Hier word dit as ’n voorreg beskou om die liedere te sing wat die Here Self vir ons gegee het. Dis iets waarna ons gesin met reg elke week uitsien – om saam met die gemeente in die eredienste die Psalms te kan sing.

  • die uitdra van die Evangelie: Die opgewondenheid wat daar by verskeie lidmate heers oor die uitdra van die evangelie, is vir ons aansteeklik. Ons kon kennis neem van verskeie uitreike wat vanuit die gemeente plaasvind en aan deelgeneem word.

  • Wonderboompoort is lief vir die HERE: Ten slotte is dit ’n vreugde om te kan raaksien dat die ge meente lief is vir die HERE. Ons is lief vir die HERE omdat Hy ons eerste liefgehad het en sy Seun aan ons gegee het. Hierdie waarheid leef baie sterk in vele gemeentelede se harte en dit is vir ons wonderlik.

– Ds. Pieter le Roux

51 views0 comments

Recent Posts

See All

Psalm 4

Psalm 4 neem die bidder van donker dae en nagte na 'n siele rustigheid in sy genadige verkiesing en dan na vreugde wat uitstyg vér bo ‘n aardse vrede en geluk. Vers een begin waar selfs sy dae vir hom

bottom of page