top of page
  • Writer's pictureGKWP

Genadeplaas

Genadeplaas is ‘n toevlugsoord so 60 km plus minus van Gereformeerde Kerk Wonderboompoort in ‘n noordelike rigting in die Dinokeng wildtuin.

Ouderling Willie van der Walt het ‘n klompie jare gelede betrokke geraak by Genadeplaas toe Mona nog geleef het. n Vrou wat ‘n boemelaar teen sy sin van die straat af kan praat en rehabiliteer! Na Mona se dood het Lizette, haar dogter, haar passie oorgeneem.


GK Wonderboompoort se betrokkenheid by Genadeplaas was oor jare, om die Woord aan die mense daar suiwer en volgens Gereformeerde beleidenis te bedien. Daar is ook stoflike behoeftes waarmee daar van tyd tot tyd bygestaan is. Benewens GK Wonderboompoort is daar is ook ander Gereformeerde Kerke by die Woordbediening betrokke (GK Kameeldrif en VGK Pretoria)


Genadeplaas het ook ‘n huis in Pretoria Noord wat bekend staan as Huis Graciá waar Trudie, Mona se tweede dogter aan stuur van sake staan.

Dit is juis van Huis Graciá waar ons toestemming van hul gekry het om hul kinders by ons gemeente in te trek onder woordbediening en kategese en het ons op Sondag middag die 4de Maart 2018 daarmee begin en vertrou dat die HERE deur Sy Gees die harte van hierdie kinders sal verryk,versterk,vertroos en verbly met kennis en vertroue.

24 views0 comments

Recent Posts

See All

Psalm 4

Psalm 4 neem die bidder van donker dae en nagte na 'n siele rustigheid in sy genadige verkiesing en dan na vreugde wat uitstyg vér bo ‘n aardse vrede en geluk. Vers een begin waar selfs sy dae vir hom

bottom of page