top of page
  • Writer's pictureGKWP

Psalm 2

Psalm 2 wys vir ons twee tonele. By Ps 1 is dit die twee tonele van vrygespreektes aan die een kant,en die God loënaars aan die ander kant Hier in Ps 2 is die gedugte maghebbers wat God uitdaag. Hemel bestormers om "God almagtig na die kroon te steek en saam teen Sy gesalfde op te staan" Teenoor hierdie toneel wat op aarde afspeel,sit God hulle en dophou en sê vers 4; Hy wat in die hemel woon, lag; die HERE spot met hulle. En as die HERE lag, dan is dit nie ń grap nie. Hierdie nasies wat met gebalde vuis teen die hemel en Sy Gesalfde wil optree is voor Hom soos ń swerm sprinkane. God se toorn word ook figuurlik gestel dat hul so nietig voor Hom is dat dit net nodig is vir Hom om te blaas met Sy neus ( nies) Die konings van die aarde besef nie dat hul juis regeer by grasie van God self nie, God se vors is reeds gesalf en aan Hom is gegee alle mag in hemel en op aarde. Hy sal dan ook as Koning van hemel en aarde hul tot verantwoording roep. Wee hom wat met sy Maker twis terwyl hy net ń potskerf is.


Oudl Willie vd Walt

4 views0 comments

Recent Posts

See All

Psalm 4

Psalm 4 neem die bidder van donker dae en nagte na 'n siele rustigheid in sy genadige verkiesing en dan na vreugde wat uitstyg vér bo ‘n aardse vrede en geluk. Vers een begin waar selfs sy dae vir hom

bottom of page