top of page
  • Writer's pictureGKWP

Psalm 3

Ps. 3 teken ‘n mooi voorbeeld waaruit ons kan leer oor die vyand waarvan die Psalmdigters so baie van skryf. Die man of vrou wat my so grensloos irriteer, wat ek ervaar as vyand, is nie noodwendig God se vyand nie. Hy of sy is wel my beproewing. Ja, ook nie my opposissie in die politiek nie. Só het die profeet Jona dan ook geleer. Reeds by die inleiding van die Psalm kry ons die perspektief. ‘n Psalm van Dawid, toe hy vir sy seun Absolom gevlug het. Dawid se vlug vir Absolom was die gevolg van sy sonde met Batseba. Nou kom al hierdie dinge meteens op hom af en hy sê: "hoe groei my teenparty, hoe dring hul naderby!” Die Kategismus-afdeling oor die vyande van die kind van God, help ons baie mooi hier. Daar is drie vyande wat nie ophou om ons aan te val nie, nl. die wêreld, die duiwel en ons eie vlees. Dawid se skuld oor sy sonde druk hom vas, hoewel hy om vergifnis daarvoor gesmeek het en gekry het in Ps 51. (Dit is sy eie vlees.) Die duiwel maak hom wys dat God hom nog kwalik neem hieroor en sy volk beskuldig hom en soek sy lewe om hom dood te maak.Dan sê Dawid. Baie sê: daar is vir hom geen heil by God nie. Hoe het my teestanders vermenigvuldig! Geen heil by God nie?...Dan voeg die beryming by, "ek hoor al hoe hul laster. Dawid weet dis ‘n leuen want hy het heil en vergifnis by God gevind. Hy hou aan God se beloftes vas. Hy hou vas aan sy verkiesing as daar niks meer is nie. Sy verkiesing is by God vas en seker te spyte van. Daarom sê die beryming dat hul laster om só van God se uitverkorene te praat! Dan,vanaf die verkiesing van God werk die oorwinning oor die vyande, my eie vlees die duiwel en die wêreld Maar U HERE (God van beloftes) is my skild en die Een wat my hoof ophef...na my sonde...deur die belydenis tot U gerig! As God my vergewe...dan raak dit my nie wat mense sê nie. Luid; sê Dawid...roep ek, en die Here hoor my. Nou, ten spyte van sy vyand op sy spoor sal hy rustig gaan lê en slaap en met nuwe krag ontwaak want hy weet dat die HERE hom sal bewaar en vir hom veg, omdat hy dit al soveel kere tevore al ervaar het onder andere toe die HERE vir hom gesê het...net soos jy die geritsel in die toppe van die pronkbosse hoor, moet jy uittrek want dan trek die HERE voor jou uit.


Oudl Willie vd Walt

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Psalm 4

Psalm 4 neem die bidder van donker dae en nagte na 'n siele rustigheid in sy genadige verkiesing en dan na vreugde wat uitstyg vér bo ‘n aardse vrede en geluk. Vers een begin waar selfs sy dae vir hom

bottom of page