top of page

Baie welkom  by die webtuiste van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort!  

Ons eredienstye is elke Sondag 09h00 en 18h00 dwarsdeur die jaar.  

Die adres van ons kerkgebou is Generaal Beyers str. 256, Pretoria-Noord

Besoekers is baie welkom! 

Sketch Arrow Down

Blog

Check back soon
Once posts are published, you’ll see them here.
Home: Video Player

Kyk ons eredienste

2024-04-27 Christen Reaksie op Vevolging (SEMINAAR)
03:11:18
GK Wonderboompoort

2024-04-27 Christen Reaksie op Vevolging (SEMINAAR)

https://wereldbeeld.org/2023/11/23/hoe-moet-christene-reageer-op-vervolging/ “God is ‘n toevlug in die nood, ‘n rots wat altyd vas bly staan, al dreig die vyand met die dood, al storm hul leerbendes aan… ons sal nie beef of rugwaarts gaan.” – Ps 46:1 (berymd) Dit wil lyk of Christene in Suid-Afrika, maar ook elders in die Westerse Wêreld, vervolging in die gesig staar: - Ouers se gesag word ondermyn (BELA-wetgewing en roede-inperkings), - Bigbrother tipe spioeneering op organisasies/kerke (Spybill) en - Pogings om predikante/kerke te dwing om LGBTQ+ paartjies te trou. Hoe moet ons optree? Moet ons net gaan lê en maak of ons dood is? Is dit maar net elkeen vir homself en vlug na ‘n ander land? Moet ons maar net ons lot aanvaar? Maar wat van die vroedvroue wat die bevel van Farao teengestaan het? Wat van Daniël en sy vriende wat die bevele van die koning verontagsaam het? Wat van Paulus wat die Romeine se eie wette teen hulle gebruik het toe hy gevra het: “Is dit geoorloof om ‘n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?” Hoe het gelowiges deur die eeue gereageer op vervolging? Hoe het die Bybelse gelowiges opgetree? Hoe het die Hugenote en Protestantse gelowiges in die 1500’s daarop gereageer? Hoe moet Christene vandag reageer? Daar word ‘n seminaar vir 27 April 2024 by die GK Wonderboompoort (256 Genl Beyerstraat Pretoria Noord) beplan om hierdie vrae te beantwoord. Reserveer solank die Saterdagoggend wanneer ons kyk na Reaksie op Vervolging: Bybelse tyd, Reformasie tyd en Vandag. Die program lyk so: 08:00 Registrasie, Koffie & beskuit 08:45 Opening 09:00 Bybelse tyd | Ds P le Roux 09:40 Reformasie tyd | Dr H vAlten 10:20 Tee en verversings 11:00 Vandag | Dr A Schlebusch 11:40 Paneelbespreking 12:20 Afsluiting met gebed
Lees preke

Lees ons preke

Gereformeerde Kerk Wonderboompoort

Eredienstye: 

Sondae: 9:00 en 18:00

Adres:

Generaal Beyerstraat 256 Pretoria Noord

Alarm Clock

Kerkkantoor Ure

Maandag, Donderdag, en Vrydag vanaf 08:00 tot 14:00

Whatsapp nommer: 061 519 6166

Landlyn nommer: 012 565 6220

E-pos adres: kantoor@gkwonderboompoort.org

Besoek ons hier

bottom of page